Ondersteuningskoördineerder
Listed on 2026-02-05
-
Healthcare
Dietitian / Nutritionist, Health Promotion
Hierdie permanente pos is in Kloofsig gebaseer. Jy benodig 'n betroubare voertuig en bestuurslisensie.
Afri Forum is op soek na 'n vriendelike, professionele en georganiseerde telefoniese koördineerder met uitsonderlike kommunikasie-, interpersoonlike en administrasievaardighede.
Die minimum kwalifikasies vir die pos is 'n nasionale senior sertifikaat, en kwalifikasies in administrasie is wenslik, met drie of meer jaar ondervinding.
Die primêre doel van die pos is om 'n doeltreffende en effektiewe ondersteuningsfunksie aan Afri Forum se takbesture, lede en ander ondersteuners te verleen sodat die bereiking van Afri Forum se grondvlakdoelwitte vergemaklik word. Die ondersteuningskoördineerder is verantwoordelik vir die hantering van inkomende en uitgaande oproepe, die verskaffing van kliëntediens van hoë gehalte, en die koördinering van ondersteuning om kliënte en takbesture te help met navrae, probleme en versoeke.
Daar sal ook van die suksesvolle kandidaat verwag word briewe te skryf, ondersteuning te verleen aan die afdeling rakende verslae, en kommunikasie te behartig oor tak- en kliëntaangeleenthede.
Die suksesvolle kandidaat sal 'n belangrike rol speel om altyd 'n professionele beeld van die organisasie te handhaaf en sal 'n direkte kommunikasiekanaal vir takke, lede en ander ondersteuners te wees vir vinnige en effektiewe dienslewering.
Die pos sal ook vereis dat die kandidaat van tyd tot tyd soos benodig met afdelingstake en die vaslegging van data help.
To Search, View & Apply for jobs on this site that accept applications from your location or country, tap here to make a Search: